Man in Krugersdorp geskiet

geweer4-320x1791ʼn Man is in ʼn ernstige toestand nadat hy Dinsdagaand in Monument, Krugersdorp in Gauteng, in ʼn voertuig geskiet is.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Woensdag gesê inligting oor die voorval is nog skaars en word deur die polisie ondersoek.

“Die voorval het omstreeks 20:45 plaasgevind. Paramedici het die gewonde man in sy voertuig aangetref. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.