Man kry 15 jaar ná hy bejaarde verkrag

Sanele Latha is Dinsdag in die Pietermaritzburg-streekshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op 17 Februarie ʼn bejaarde vrou verkrag en beroof het.

Latha (23) het in ʼn verklaring erken dat hy die 91-jarige vrou verkrag en beroof het, berig The Witness. Hy sê hy het toegang tot die vrou se huis gekry deur ʼn venster te verwyder. “Toe ek in die huis was, het ek op die vrou afgekom. Ek het ʼn mes uitgepluk om haar mee te dreig,” het hy in die verklaring gesê. Hy het op geld aangedring, die huis deursoek en R250 gevind. Hy het haar toe verkrag.

Landdros Jaco Jordaan het hom tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die inbraak en roof, en ʼn verdere 15 jaar vir verkragting. Hy het beveel dat die vonnisse samelopend uitgedien word en aanbeveel dat Latha nie vir borgtog oorweeg mag word voordat hy ten minste twee derdes van sy tronkstraf uitgedien het nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.