Man kry beursie terug ná 54 jaar

Clarence van Dyken van Michigan in Amerika het vandeesweek ‘n beursie teruggekry wat hy in 1959 verloor het.

Aron Schut, die nuwe huurder van die huis waar Van Dyken vantevore gebly het, het ‘n badkamer oorgedoen toe hy op die beursie agter die bad afgekom het, berig Fox17Online.

“Ek het eers gedink dis ‘n vreemde plek vir ‘n beursie, maar ek het hom oopgemaak en gesien daar is ‘n identiteitsdokument in,” het Schut gesê. “Ek het die naam herken, dit het bekend geklink. Ek ken die man se seun!”

‘n Paar telefoonoproepe later het die beursie by Van Dyken se seun, Clare, opgeëindig wat dié juweeltjie Dinsdag aan sy pa oorhandig het. Fox berig daar is kwitansies in die beursie wat 54 jaar oud is, adresse van ou bure en familielede en selfs ‘n paar onvervangbare familiefoto’s. “Ek het nie gedink ek sal hom ooit weer sien nie,” het Van Dyken gesê.

Klik hier om ‘n video van die ‘reünie’ te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.