Man kry borg ná tref-en-trap

Dr. Koos Roux. Foto: Facebook

Geoffrey Merrick (51) is Vrydag op borgtog van R3 000 vrygelaat in verband met die dood van dr. Koos Roux (59).

Merrick, ʼn dieselwerktuigkundige van Brackenfell, staan tereg op aanklagte van strafbare manslag en versuim om op ʼn ongelukstoneel stil te hou. Merrick het Roux en sy seun Kobus (19) glo op 12 Mei van hulle fietse af gery op die Bottelary-pad oorkant die Soneike-winkelsentrum. Roux is dood en Kobus het ligte beserings opgedoen. Merrick het homself tien dae na die voorval aan die polisie oorgegee. Landdros Bea Vermeulen het bevind dat Merrick nie ʼn vlugrisiko is nie. Sy sê die feit dat Merrick van die ongelukstoneel gevlug het beteken nie dat hy ʼn vlugrisiko is nie aangesien hy homself aan die polisie oorgegee het. Merrick het aangevoer dat sy verloofde hoogswanger is en dat die baba enige dag gebore gaan word. Die saak is tot 29 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico Strydom ·

Dankie Juanita ons het dit reggestel.
Vriendelike groete

Flash ·

Was die moordenaar Merrick dronk of is hy blind? Feit dat hy weggejaag het en eers na 10 dae aangemeld het maak bloedalkoholtoetse nogal moeilik!
Hy bly ‘n moordenaar. Hang hom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.