Man kry lewenslank ná verkragtings

ʼn 32-jarige man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis ná hy skuldig bevind is dat hy ʼn 8-jarige kind herhaaldelik verkrag het.

Kolonel Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Donderdag gesê Xolani Mbatha is deur die Ulundi-distrikshof skuldig bevind. Mbatha het ʼn 8-jarige meisie herhaaldelik tussen Julie 2010 en Maart 2011 verkrag. Hy het die meisie elke keer R1 gegee ná sy verkrag is.

“Mbatha het die meisie gedreig dat sy seergemaak sou word as sy oor die verkragtings praat, maar sy het later die regte ding gedoen en die dade aangemeld,” het Naicker gesê.

Hy is uiteindelik in Junie 2011 in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.