Man kry tronkstraf vir renosterhorings

Foto: www.rhinoconservation.org

ʼn Chinese burger is Woensdag in die Germiston streekshof ses jaar tronkstraf opgelê vir die onwettige besit van renosterhoring.

ʼn Woordvoerder van die Valke, McIntosh Polela, sê Hsu Hsien Lung, is op 21 Mei vanjaar in Befordview, Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy renosterhorings in sy besit gehad het sonder die nodige permitte. “Die horings het 9,8 kilogram geweeg. In die verlede het mense in soortgelyke sake slegs ʼn boete gekry. Tronkstraf stuur egter ʼn sterk boodskap aan vermeende oortreders”. Polela sê die polisie verwelkom die vonnis aangesien die land se renosterbevolking bedreig word en dié diere deur misdaadsindikate geteiken word. “As die misdadigers wat dié diere uitroei nie gestop word nie, kan die land ʼn deel van sy erfenis verloor,” sê Polela.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.