Man laat spaander sonder sy kinders toe hy polisie sien

‘n Man is Dinsdag in Grahamstad in hegtenis geneem vir die besit van dagga en Mandrax-tablette.

“Hy het met sy twee kinders in die straat af geloop toe hy ‘n polisievoertuig opmerk wat verby gery en toe gestop het. Hy het net paniekerig geraak en begin hardloop,” het kaptein Mali Govender, woordvoerder van die polisie gesê. “Die twee kinders, twee en vyf jaar oud, het begin gil en die polisie het hulle eers kalmeer voordat hulle inwoners gevra het om na hulle om te sien,” het sy gesê.

Die beamptes het die man gejaag, en hy het in ‘n modderige sloot gespring. Hy is in hegtenis geneem, terwyl hy steeds die pakkie met 52 Mandrax-tablette en sowat 3kg dagga vasgehou het. Die dwelmmiddels is sowat R3 000 werd.

Die man sal Woensdag in die landdroshof in Grahamstad verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.