Man lewenslank tronk toe na moord op oud-burgemeestersvrou

ʼn Man wat skuldig bevind is aan die moord op die voormalige burgemeestersvrou van Louis Trichardt in Limpopo, Tienie Botha (78), is lewenslange tronkstraf opgelê in die hooggeregshof op die dorp.

ʼn Polisiewoordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi, het in ʼn verklaring gesê Collen Mufamadi (36) is Vrydag gevonnis na hy Botha in 2009 in haar huis vermoor het. Botha is verwurg en haar kaal liggaam is in die sitkamer gekry met haar hande wat agter haar rug vasgemaak was. Haar naakte lyk is met ʼn laken toegdraai. Mufamadi en vier ander mans het vuurwapens en juwele uit Botha se huis gesteel. Een van Mufamadi se mede-beskuldigdes, David Lihaiwa (29), is tot 46 jaar tronkstraf gevonnis. Thomas Ramudzuli (40) en Thobile Jilim (34) is vrygespreek. ʼn Vyfde beskuldigde, Zitha Jilim (35) is verlede jaar dood terwyl hy verhoorafwagtend was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.