Man met breinvliesontsteking steeds soek

ʼn Man met ʼn aansteeklike soort breinvliesontsteking was teen Donderdagaand steeds soek nadat hy weg is by ʼn staatshospitaal.

ʼn Woordvoerder van die departement van gesondheid, Simon Zwane, sê Dave Danneth (26) is steeds soek nadat hy op 12 Desember by die Mamelodi-hospitaal weg is sonder dat hy behandel is. Meningokokkale meningitis is aansteeklik en volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie kan dit erge breinskade veroorsaak. Volgens die organisasie veroorsaak dit ook sterftes in 50 persent van gevalle waar dit nie behandel word nie. Zwane sê die departement is in kontak met ander hospitale en lykshuise in ʼn poging om die man op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.