Man met dooie krokodil in Pretoria betrap

Argieffoto

ʼn Man is Vrydagoggend in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy met ʼn dooie krokodil betrap is.

“Die man het in Molotoweg in Derdepoort, naby aan Pretoria se middestad, gery toe die polisie hom omstreeks 10:15 vir ʼn roetineondersoek afgetrek het,” het Console Tleane, woordvoerder vir die Tshwane metropolisie gesê.

Die krokodil, sowat 1.8m lank, is agterop die bakkie opgespoor. “Die man beweer hy het die dier op ʼn hoenderplaas in Wallmansthal (noord van Pretoria) gekry. Hy beweer die dier is doodgemaak omdat dit die hoenders bedreig het,” het Tleane gesê.

Die 63-jarige man het gesê die dooie krokodil is in ʼn vrieskas aangehou.

Die polisie het die man in hegtenis geneem vir die besit van ʼn beskermde dier en hy word tans by die polisiestasie in Kameeldrift aangehou. Die man kan tot 10 jaar tronkstraf gevonnis word, of ʼn groot boete opgelê word indien hy skuldig bevind word. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Die karkas is aan natuurbewaringsowerhede oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.