Man met gebreekte bierbottel doodgesteek

Argieffoto

Eric Brand, ʼn 37-man van Leratopark in Roodepan, is oor die naweek met ʼn gebreekte bierbottel doodgesteek.

Lt. Olebogeng Tawana, ʼn polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap, sê die voorval het Saterdag in die vroeë oggendure plaasgevind en  ʼn 35-jarige verdagte is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem.

“Die verdagte en die slagoffer het glo in ʼn argument betrokke geraak. Dit is in die stadium nog nie bekend waaroor die argument gegaan het nie. Daar is gerugte dat die slagoffer die verdagte se vriendin by ʼn plaaslike kuierplek lastig geval het. Die beweringe word egter nog ondersoek,” het Tawana gesê.

Die verdagte het tydens die argument ʼn leë bierbottel gebreek en Brand teen die linkerkant van sy kop, langs sy oor gesteek. Die verdagte het daarna die toneel verlaat en is ʼn paar ure later deur die Roodepan-polisie by sy huis in hegtenis geneem. Brand is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.