Man met gesteelde goud betrap

Argieffoto

‘n Werknemer van ‘n goudraffinadery in Germiston is in hegtenis geneem nadat hy met 1kg goudklonte opgespoor is.

“Die man is Woensdag by Rand Refinery in hegtenis geneem nadat polisie ‘n wenk ontvang het,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die goudklonte, ter waarde van sowat R500 000, is in die man se besit gevind toe hy in hegtenis geneem is.”

Die man sal binnekort in die landdroshof in Germiston verskyn op aanklag van diefstal en onwettige besit van goud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.