Man met kokaïen in Durban gevang

Argieffoto

‘n Man is Maandag in Phoenix, Durban, met kokaïen ter waarde van sowat R15 000 in hegtenis geneem.

“Die 35-jarige man is buite ‘n kroeg in Stanmore, Phoenix, in hegtenis geneem,” het kaptein Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal gesê. Die polisie het ‘n roetine misdaadvoorkomingsoperasie uitgevoer toe hulle gesien het hoe die man ‘n plastieksak weggooi. Die man het weggehardloop toe hulle hom ondervra, maar is later gevang. Zwane sê die polisie het beslag gelê op 267 stukkies kokaïen, vier sakkies kokaïenpoeier en ‘n bedrag geld wat glo uit verkope verdien is.

Twee ander mans is ook vir die besit van mandrax en dagga in Phoenix vasgetrek. ‘n 50-jarige man het 120 strooitjies mandrax by hom gehad en ‘n 48-jarige man is met meer as ‘n kilogram dagga vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.