Man met miljoene rande se dwelms betrap

‘n 26-jarige man is Sondag in Mpumalanga in hegtenis geneem ná hy met dwelms ter waarde van miljoene rande betrap is.

Volgens sersant Gerald Sedibe, ʼn polisiewoordvoerder, was die man gister op die N4 van Mosambiek na Gauteng onderweg. “Die polisie het op ʼn wenk gereageer en die man se Ford Territory op die hoofweg voorgekeer. Hy is na die polisie in Middelburg vergesel waar die voertuig deursoek is. Crystal Meth ter waarde van miljoene rande is in ʼn versteekte kompartement onder die voertuig gekry,” het Sedibe gesê.

Keagen Dexter Murphy het Maandag in die Middelburg-landroshof verskyn waar borgtog geweier is. Die saak is tot 13 Junie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.