Man met ongeslypte diamante gevang

ʼn Man is met 14 ongeslypte diamante in Malmesbury in hegtenis geneem, het die Wes-Kaapse polisie Sondag gesê.

Kaptein Frederick van Wyk sê die 30-jarige man is Saterdag omstreeks 19:00 in hegtenis geneem. “Polisie op patrollie het die bestuurder en drie passasiers van ʼn verdagte motor wat in Malmesbury geparkeer gestaan het, ondersoek,” het hy gesê. Een van die mans het glo 14 ongeslypte diamante in sy beursie gehad. Die geskatte waarde van die diamante is nie tans bekend nie.

Die man staar ʼn klag van die besit van ongeslypte diamante in die gesig en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Malmesbury verskyn, het Van Wyk gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.