Man met R600 000 se dwelms betrap

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 31-jarige man is Maandagmiddag by die King Shaka-lughawe in Durban in hegtenis geneem nadat kokaïne met ʼn geskatte straatwaarde van R600 000 in sy besit gevind is.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn provinsiale woordvoerder van KwaZulu-Natal, het Dinsdag gesê die Boliviaanse man was onderweg van Brasilië via Dubai na Suid-Afrika, toe hy omstreeks 17:00 met sy aankoms in hegtenis geneem is.

Volgens Zwane het die polisie en doeanebeamptes inligting ontvang dat die man met die dwelms onderweg is na Durban, en het hulle hom ingewag.

“Sy bagasie is deursoek en beamptes het beslag gelê op twee pakkies 2kg-kokaïen,” het Zwane gesê.

Hy is van dwelmhandel aangekla en moet binnekort in die Verulam-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

4kg kokaïen se straatwaarde is R600 000? Dit beteken R150 per gram.
Al die dwelmhandelaars in Suid-Afrika lag al die pad bank toe weens hierdie “bust”, want dit het onmiddellik hul oorblywende voorraad se straatwaarde opgestoot.
Dis die “war on drugs” wat die grootste probleem is, nie die dwelms self nie. Vra maar vir Switserland, Portugal, Kanada, ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.