Man met R70 000 se onwettige sigarette gevang

ʼn Man is Woensdag in Bela-Bela, Limpopo, in hegtenis geneem ná hy in besit van onwettige sigarette met ʼn waarde van R70 000 gevang is.

Volgens luitenant-kolonel Malesela Ledwaba, ʼn woordvoerder van die polisie, is die man van Zimbabwe. Hy is aangekeer ná polisie die gebied gepatrolleer en die man se wit Toyota Quantum bakkie afgetrek en deursoek het.

“Die bakkie se sitplekke was verwyder en die hele voertuig was vol onwettige sigarette,” het Ledwaba gesê.

Die man gaan binnekort in die landroshof in Bela-Bela verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.