Man met “suur druiwe” gooi suur in haar skoene

liefdesbriefie’n Man van Japan wat verlede jaar dodelike waterstofsuur in ’n kollega se skoene gegooi het nadat sy vlerkslepery met haar misluk het, is gister ’n vonnis van sewe jaar opgelê.

Die Jiji Press-nuusagentskap berig dat Tatsujiro Fukasawa (41) se “suur druiwe”-daad amper die vrou wat sy hand in die as geslaan het, se voet gekos het. Sy het uiteindelik die punte van haar een voet se tone verloor.

Die hof het bevind dat Fukasawa se daad boosaardig was aangesien waterstofsuur uiters dodelik is as dit deur die vel in ’n mens se bloedstroom sou beland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Gee hom n spiëel daar in die tronk sodat hy homself elke dag self kan soen. Verwaande vark

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.