Man met vermoorde bejaarde se besittings betrap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 21-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy met die vermoorde Elleanor Dorfling (82) van die Vrystaat se persoonlike besittings betrap is.

“Die 21-jarige man het Dorfling se motorsleutels en rybewys by hom gehad,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê.

Dorfling is Donderdag dood aangetref in haar huis in Allanridge in die Vrystaat. Sy was in ʼn bad vol water en haar hande was met ʼn das vasgebind. Daar was bloedvlekke op die muur en bloed in haar mond.

Die man is Donderdag in hegtenis geneem en sal op 9 Desember in die landdroshof in Odendaalsrus verskyn.

Lees ook:
Bejaarde in die Vrystaat vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

Geen mens verdien om so vermoor te word nie. Mag hy vir ewig brand in die hel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.