Man moor glo eks, hond en homself

Madezelle Smit en Shaun Pretorius. Foto: Facebook.

Madezelle Smit en Shaun Pretorius. Foto: Facebook.

Shaun Pretorius, ʼn 32-jarige man van Meyerton, het glo Maandag sy voormalige verloofde, Madezelle Smit (28), met ʼn mes doodgesteek, voor hy homself en haar hond om die lewe gebring het.

Kapt. Shado Mashobane, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het Dinsdag gesê Pretorius het Smit by haar huis in Rothdene vermoedelik verskeie kere met ʼn broodmes gesteek. Sy is op die toneel dood.

“Pretorius het toe Smit se voertuig en haar hond gevat en in die rigting van Vereeniging gery,” het Mashobane gesê. “Hy het by die R59-pad gestop, die hond uit die voertuig gehaal en met die hond in sy arms voor ʼn aankomende vragmotor ingehardloop.”

Volgens Mashobane het die twee glo onlangs hul verhouding beëindig, maar is hy nie seker wat die aanval en beweerde selfmoord veroorsaak het nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en is besig met ʼn nadoodse ondersoek. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Dit is darem afgryslik! En waarom?? Dit is hartverskeurend om te dink hoeveel mense deur hierdie daad geraak word wat so onnodig was.

Eugenie ·

Presies Trudie, hoe verwerk hul naasbestaandes dit, selfs die vragmotorbestuurder, en natuurlik ook diegene wat dit moes aanskou. Moord en selfmoord was nog nooit ‘n oplossing nie. Te veel mense se lewens word omver gegooi deur so daad.

Eben ·

Hierdie perd het n work gehad omdat sy hom gelos het, vandaar om die hond saam hom te neem ingeval iets ‘verkeerd’ sou gaan. So selfsugtige ‘blêksem’ om soveel hartseer daar te stel vir so mooi meisie se familie! Dis altyd despresie se skuld as mense sulke laffaard dinge doen, kry pille en kom oor dit of spring alleen en los die ander!

Slim Daan ·

Het die rubriek tot 2x maal oorgelees maar verstaan nie. Hoekom sou hy die hond na sy ” work ” ( werk-toe ? ) wou vat ? En wat sou kwansuis by die ” work ” verkeerd kon loop dat die brakkie hom moes uithelp ?
Is ” despresie ” iets tussen aspris en depressie ? Wens ek kon jou verstaan. So ook die ” laffaard ding “. Eish !?

Eben ·

Dis reg so Slim Daan onthou almal is dit so slim soos jy. Dus my nederige verskoning oor my swak spelling ek sal volgende keer oplet daarna. :-) Maar ek glo jy weet wat ek probeer skrywe het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.