Man moor glo pa, sê dis huisroof

crime-scene-tape-320x191ʼn 27-jarige man is in Robville, Soweto in hegtenis geneem nadat hy glo sy pa met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte het Dinsdag die polisie ontbied en gesê daar was ʼn rooftog by sy huis. Met die polisie se aankoms op die toneel is die verdagte se pa dood aangetref. Makhubela sê na verdere ondersoek het dit egter geblyk dat die verdagte sy pa vermoor het. “Hulle het glo in ʼn geveg betrokke geraak waarna hy sy pa glo met ʼn mes doodgesteek het.” Die verdagte is ook tydens die beweerde aanval beseer en in ʼn hospitaal opgeneem. Makhubela sê die man was nie bewus dat die polisie hom met die moord verbind het nie. “Die man is nou onder polisiebewaking in die hospitaal.” Die verdagte sal in die Protea-landdroshof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.