ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy 27-jarige vrou met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het in Rustenburg, Noordwes.
Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar was op pad terug na Rustenburg van Johannesburg toe hulle glo ʼn rusie in hulle motor gehad het. Die man het toe glo sy vrou met ʼn skerp voorwerp doodgesteek waarna hy die polisie geskakel het. Die 27-jarige man sal na verwagting Donderdag in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.
In die inleidingsparagraaf word sy met n “skerp voorwerp doodgesteek”. In die volgende paragraaf word sy met n “skerp voorwerp doodgeskiet”
Ai, Maroela Media, as julle n alternatief vir Beeld en sy susterskoerante wil wees, skerp ten minste jul taalvaardigheid op.
Gister in een van jul berigte was n persoon met “voorwapen” vermoor!