Man ná 15 jaar vrygelaat uit dodesel

Damon Thibodeaux na sy vrylating. Foto: Los Angeles Times

‘n Amerikaner wat 15 jaar in die dodesel deurgebring het, het die 300ste persoon geword wat in Amerika vrygelaat is nadat DNS-toetse bewys het dat hy onskuldig was.

Damon Thibodeaux, nou 38, is in 1997 die doodstraf opgelê ná hy skuldig bevind is aan die moord en verkragting van ʼn 14-jarige niggie. Sy veroordeling het grootliks berus op ʼn bekentenis wat Thibodeaux gemaak het nadat hy vir nege uur lank deurnag deur die polisie ondervra is. Daar het geen opname van die ondervraging bestaan nie.

In September is ʼn man van Texas weens DNS-bewyse onskuldig bevind aan ʼn verkragting waarvoor hy 24 jaar tronkstraf uitgedien het. Agtien van die 300 gevangenes wat vrygelaat is ná DNS-toetse hul onskuld bewys het, was in die dodesel. In Augustus is ʼn persoon in Chicago vrygelaat nadat hy 17 jaar in die tronk was vir ʼn bendeverwante moord, en die DNS nou uitgewys het dat hy onskuldig was.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie Els ·

Herman, hierdie is a half artikel of probeer julle die die res los vir `n volgende storie?
Wat gebeur in so geval? Betaal die staat hom `n bedrag om jammer te sê vir die tyd wat hy verloor het? Die inkomste wat hy verloor het? moet hy die staat nou dagvaar omdat hulle sy lewe verwoes het?

herrie ·

Hallo Willie. Die betrokke geval was in Kalifornië waar die staat (deelstaat) wel ‘n kompensasiefonds het. Omtrent 23 van die deelstate het egter nie so iets nie. Moord is egter ‘n federale oortreding en die persoon sal waarskynlik vir die federale kompensasie in aanmerking kom.
Kompensasie vir foutiewe skuldigbevindings is slegs een deel van die probleem, want ‘n mesn eis om te weet hoeveel men se se onskuld kom nooit aan die lig nie. Daar is ook ander probleme, wat daartoe lei dat ook mense wat wel vrygelaat word, in vele opsigte eintlik as veroordeeldes voortgaan. Dit word by die webwerf hieronder bespreek:
http://www.innocenceproject.org/Content/Compensating_The_Wrongly_Convicted.php
Die ideaal is natuurlik om foutiewe skuldigbevindings in die eerste plek te voorkom. Dit laat vrae ontstaan oor die juriestelsel, maar ‘n groot verskeidenheid ander faktore.
My eie blootstelling aan Suid-Afrikaanse howe is dat iemand in Suid-Afrika eerder sal loskom as hy skuldig is, as onskuldig veroordeel word, hoewel ek ‘n paar “noue ontkomings” gesien het. Ek weet wel van een geval waar die prokureur ‘n skuldigbevinding na die destydse Adevokaat-generaal verwys het na sy kleiënt skuldig bevind is na die verkeersbeamptes in sake uit dieselfde spoedlokval hul getuienis omgeruil het. Wat die situasie nou is, weet ek ongelukkig nie.
Die appèlverhoor oor die skadevergoeding wat die polisie in die Inge Lotz-saak moet betaal, kom na berig word vanjaar nog voor die appèlhof. In daardie geval was die beskuldigde darem vrygespreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.