Man ná besnydenispartytjie doodgeskiet

ʼn Man van die Oos-Kaap is doodgeskiet nadat hy saam met sy broers by ʼn besnydenispartytjie was.

Maj. Zamukulungisa Jozana het Woensdag gesê die 27-jarige slagoffer van Kwaaiman was op pad huis toe saam met sy broers toe hy geskiet is. “Die slagoffer was glo onderweg van die besnydenispartytjie na sy huis toe twee mans uit die bloute verskyn en hom twee keer geskiet het, sonder om ʼn woord te rep,” het Jozana gesê.

Die polisie ondersoek die saak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Willy ·

Wat het verkeerd gegaan met die besnydenis? Seker dood aan breinvliesontsteking wat oorgaan het na horingvliesontsteking.

Trippie ·

Blixem ek van my stoel af !!!! (Verskoon ek praat so uit die weer) !

;)
;)
;)

Trippie ·

Net na ek met moeite my stoel weer bestyg het, kom STOERE BOER, toe gebeur dit weer !

JELP !

Willy ·

Wag Trippie, probeer jy op jou stoel kom ek kry gou jou high heels. Sien jy is heeltemal uit hulle uit.

Willy ·

Haha dankie vriend Gert. Dis mos waar hulle breins sit. Die kleinkoppiesindroom.

Andries ·

Willy skryf jy onder hierdie naam by Praag ook? Is ek verkeerd as ek sê dat jy die kampioen gewigopteller is?

Trippie ·

Andries, ek het vir jou ‘n boodskappie gelos op die TV-verslaafdes-berig.

Piet Muskiet ·

Die polisie ondersoek die saak. Niemand is nog in verband met die voorvel in hegtenis geneem nie.

Ekke ·

Neuk ek nou amper van my stoel af vir daai een. Skerp Piet …… hahahahha

MITZ MALAN ·

Ek is oortuig daarvan dat wanneer die skuldige aangekeer word, sal hy ons ‘kaalkop’ die waarheid vertel!

Trippie ·

Ek onttrek … enigste dame wat hier deelneem aan die gesprek !

Moet erken, ek het LEKKER gelag … vir julle kommentare !

Willy ·

Trippie en waar dink jy gaan jy? Aikôna, ons kannie die wa alleen deur die drif trek nie.
Jy moet kom hand bysit.

Erich Goosen ·

As die man nie geskiet is voor die partytjie nie het hy dalk disselboomloos teruggekeer wat amper net so erg is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.