Man ondersoek vir Westdene busramp-uitlatings

Die Menseregtekommissie gaan klagtes ondersoek nadat Zama Khumalo (24) op Facebook geskryf het hy gaan ʼn “Groot Swart Braai” hou ter viering van die dood van 42 wit kinders in die Westdene-busramp in 1985.

Isaac Mangena, woordvoerder van die kommissie, het Donderdag aan Maroela Media gesê verskeie klagtes is teen Khumalo ontvang en dat sy Facebook-plasing ondersoek gaan word.

“Al die klagtes moet geregistreer word en dan gaan verdere stappe geneem word. Ons beplan om die saak so gou moontlik af te handel, maar dit hang af van die samewerking wat ons van Khumalo kry,” het Mangena gesê.

Khumalo (24) het onlangs aan sy 493 Facebook-vriende gesê dat die braai op 27 Maart, die herdenking van die ramp, gehou sal word. Khumalo het die name van 24 van die 42 slagoffers op Facebook gelaai en gesê die sterftes word “baie waardeer, my Here.” Khumalo het later om verskoning gevra vir die plasing en gesê dat hy dreigemente ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.