Man ontken moord op swanger vriendin

ʼn 26-jarige man het skuld ontken op aanklag dat hy sy 18-jarige swanger vriendin verkrag en verwurg het.

Thato Kutumela van Mamelodi het gister in die hooggeregshof in Pretoria ontken dat hy Zanele Khumalo in April verlede jaar in haar ouerhuis in Garsfontein, Pretoria vermoor het. Khumalo sê ouers het op haar liggaam afgekom. Sy was vyf maande swanger met Kutumela se kind. Kutumela het erken dat hy die oggend van die moord by Khumalo se huis was en dat hulle seks gehad het maar voer aan dat dit nie hy was wat haar verkrag en vermoor het nie. Volgens Kutumela het hy en Khumalo twee keer seks gehad voor hy werk toe is. Hy beweer hy het eers nadat hy weer tuis gekom het uitgevind dat sy vermoor is. Die hofsaak gaan vandag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.