Man ontsnap na hy Tukkie-student verkrag

ʼn Man wat glo ʼn student aan die Universiteit van Pretoria verkrag het en met ʼn mes gesteek het, het uit aanhouding ontsnap.

Beeld berig dat die man (24) Vrydagmiddag uit die George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa deur ʼn toiletvenster ontglip het. Die man is aanvanklik in die selle van die Pretoria-Noord-polisiekantoor aangehou nadat hy Woensdagaand in hegtenis geneem is. Hy het egter gekla hy voel siek en is hospitaal toe geneem. Die student (22) is Woensdagaand na Bybelstudie by haar huis in ʼn veiligheidskompleks in Magalieskruin in die Noorde van Pretoria verkrag en verskeie kere met ʼn mes gesteek.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.