Man ontsnap uit polisie-aanhouding

boeie 2ʼn Man is op vrye voet nadat hy uit Kempton Park-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap het, het die polisie in Gauteng Vrydag gesê.

“Die man is Woensdag saam met drie ander mans in hegtenis geneem toe hulle in Sebenza aan die Oos-Rand met gesteelde goedere betrap is,” het kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die mans het glo ʼn beampte oorval en probeer ontsnap. Polisiebeamptes kon drie van die mans aankeer, maar een het ontsnap. Al die mans is in hul 30s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.