Man oor selfoon vermoor

ʼn Man is met klippe doodgegooi nadat hy rowers agternagesit het wat sy selfoon gegryp het.

Kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, woordvoerder van die polisie, sê die 23-jarige man het glo Woensdagaand op sy selfoon gepraat terwyl hy op die N1 naby Florida gery het. Die man het glo die motor gestop waarna iemand sy selfoon gegryp en weggehardloop het. Die man het glo uit sy motor gespring en die dief agternagesit terwyl sy vroulike passasier die polisie ontbied het. Mtila-Dikolomela sê die man se halfnaakte liggaam is later in die veld langs die pad gevind. Hy is glo met klippe doodgegooi. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Net nie die moeite werd om agter ‘n selfoon aan te hardloop na wie weet waarheen nie. Ai shame!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.