Man oor “swak maniere” doodgeslaan

ʼn Man van Durban is glo deur twee van sy huismaats doodgeslaan omdat hy slegte maniere gehad het.

Mduduzi Sithole (24) en Sanele Nqema (22) het Donderdag in die Durban-landdroshof verskyn in verband met die moord op Sithiwe Akhona (29).

Die drie mans het saam in ʼn huis in Sea Cow Lake gewoon. Volgens staatsaanklaer Blackie Swart was die twee verdagtes woedend toe Akhona een van hulle se kamers betree het sonder om te klop en het hulle hom geslaan.

Ooggetuies het aan die polisie gesê Akhona kon glo daarin slaag om weg te kom, maar die twee verdagtes het hom agterna gesit en teruggesleep na die kamer toe waar hulle hom verder aangerand het. Akhona het op 30 Maart aan sy beserings beswyk.

Sithole en Nqema is elkeen op borgtog van R3 000 vrygelaat.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.