Man oorleef 100m val

Argieffoto: ER24

ʼn 35-jarige man het oorleef nadat hy Sondag 100m van die Shongweni-brug in Pinetown, KwaZulu-Natal, geval het.

“Volgens ooggetuies het die man sy voertuig naby die brug parkeer en oor die kant van brug geklim,” het Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, gesê

“Dit is nie bekend hoekom die man dit gedoen het nie en die voorval word deur die polisie ondersoek,” het sy gesê.

Nooddienswerkers het op die voorval reageer en die man op die grond tussen bosse gekry. “Hy was by sy bewussyn en het van pyn gekla. ʼn Gespesialiseerde reddingsproses is van stapel gestuur en die man moes in ʼn spesiale draagbaar tot veiligheid gehys word,” het Jackson bygevoeg.

Die reddingspoging het omtrent 2 ure lank geduur. Die man is op die toneel gestabiliseer en na die Hillcrest-hospitaal geneem. Hy word behandel vir ʼn gebreekte arm en moontlike rug- en nekbeserings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.