Man oorleef 50m-val

ʼn Man is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy Donderdag 50 meter ver van ʼn krans afgeval het.

“Die man het in die donker op ʼn voetpad in Kwadegezi, KwaZulu-Natal, geloop toe hy gegly en by die krans afgeval het,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Nooddienswerkers moes teen die krans afseil om die man op die grond te behandel. Hy is daar gestabiliseer en op ʼn spesiale draagbaar geplaas waarna hy teen die krans opgehys is. Hy is met ʼn ambulans na ʼn provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.