Man oorleef 60 ure in die see, al kan hy nie swem nie

Tseng Lien-fa Foto: Taiwan-kuswag

Tseng Lien-fa Foto: Taiwan-kuswag

ʼn Man van Taiwan het wonderbaarlik 60 ure lank in die see oorleef, al kan hy nie swem nie, het plaaslike media Maandag berig.

Tseng Lien–fa (42) was Vrydagoggend vroeg glo besig om babapalings op ʼn strand in Hualien te vang toe ʼn golf hom meegsleur het, het die United Daily News berig.

Daar was glo ʼn drywende houtkisdeksel naby aan hom en Tseng het tot vroeg Sondagoggend hieraan vasgeklou. Daar is geen verduideliking waarom die kisdeksel in die see was nie. “Ek het net gedryf en gedryf,” het Tseng gesê. “Ek het gehoop dat ʼn verbygaande skip my sou sien.”

Sterk golwe het hom uiteindelik 75 km verder by Taitung uitgespoel.

Kuswagte het hom Sondagmiddag op die strand opgespoor.

Volgens dokters is hy ontwater en het hy sere op sy arms opgedoen weens langdurige blootstelling aan die seewater. “Dit is ʼn wonderwerk dat hy by sy bewussyn gebly het al het hy 60 ure lank in die see bly dobber sonder kos en water,” het Chen Tien-su, ʼn dokter by Hualien-hospitaal, gesê.

Tseng het glo palings gevang vir ekstra geld omdat sy verloofde volgende maand kraam.

Hy het glo onderneem om nie meer vis te vang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.