Man oorleef gru-ongeluk

Foto: ER24

ʼn Man het wonderbaarlik oorleef nadat hy met sy bakkie in ʼn vragmotor vasgery het op die N1 naby die Samrand-afrit.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die bakkie het onder die agterkant van die vragmotor vasgesit. Sy sê die bestuurder van die bakkie, glo in sy vroeë 30’s, het ʼn sny aan sy voorkop opgedoen. Hy was egter in die wrak van die bakkie vasgekeer en moes met meganiese toerusting verwyder word. Jackson sê die man se kop was sentimeters weg van die agterkant van die vragmotor. Die man is na Unitas-hospitaal geneem om seker te maak dat hy geen ander beserings opgedoen het nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.