Man oorleef ná voertuig 60m val

ʼn Man is ernstig beseer nadat sy voertuig Donderdagoggend omtrent 60 meter teen ʼn steilte in KwaZulu-Natal af gery het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die M1-snelweg naby Mariannhill plaasgevind. “Die man het beheer oor sy voertuig verloor waarna dit die pad verlaat en teen die steilte af gery het,” het Botha gesê. “Die man was in sy voertuig vasgekeer. Paramedici moes met toue by die wrak uitkom om hom te stabiliseer terwyl die brandweer hom uit die wrak gesny het.”

Na ʼn langdurige reddingspoging is hy op ʼn draagbaar geplaas en na die pad opgehys. Vandaar is hy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.