Man oorleef ongeluk, word doodgery

ʼn Man is Sondagoggend dood en ʼn seuntjie is beseer nadat die motor waarin hulle gery omgeslaan het op die N3 naby die PPC-sementfabriek.

Jeff Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die bestuurder van die motor het glo beheer verloor oor die motor voor dit omgeslaan het. “Die bestuurder van die motor kon daarin slaag om uit die wrak van die motor te klim waarna hy deur ʼn ander motor doodgery is wat uitgeswaai het vir die ongeluk.” Wicks sê die man se liggaam is in die middel van die hoofweg gevind en hy is op die toneel dood verklaar. Die seuntjie het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voor hy na die Netcare Union-hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.