Man oorleef val uit hoë gebou

'n Man van Welkom het Woensdagaand uit 'n vier verdiepinggebou geval en dit oorleef.

ʼn Man van Welkom in die Vrystaat het Woensdagaand uit ʼn vier verdiepinggebou geval en dit oorleef.

Nooddiensbeamptes het hom op die sypaadjie van die gebou gekry en sy gebreekte been behandel. Hy het ook beserings aan sy gesig, rug en nek opgedoen en is na die plaaslike hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Volgens André Visser, woordvoerder vir ER24, het die man glo van sy balkon afgeval maar beamptes kon nie vasstel hoe dit gebeur het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.