Man in Oos-Rand doodgery

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man is Dinsdag in Boksburg, Johannesburg, doodgery toe hy die N12-snelweg wou oorsteek.

“Die man, in sy 30s, het agterop ʼn bakkie gesit en by die Rondebultweg-afrit afgespring toe ʼn voertuig hom getref het,” het Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24 gesê.

“Die bakkie het op die verkeerseiland van die afrit stilgehou en die slagoffer se vriend het ook van die voertuig afgespring.”

Volgens ooggetuies is die man in die tweede baan getref nadat ʼn voertuig hom skraps in die eerste baan gemis het.

“Die man is op slag dood, sy vriend is nie tydens die voorval beseer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.