Man op borg vermoor glo vrou

mes1-225x225ʼn 27-jarige ma van Noordwes is glo deur haar man, wat op borgtog uit was, vermoor.

Thandi Modise, premier van Noordwes, sê die man word ook beskuldig van die moord op sy vrou se kollega en is vroeër op borgtog vrygelaat. “Hoewel ons die onafhanklikheid van ons howe en hulle uitsprake respekteer, kan ons nie help om te sê dat die regstelsel volgens ons dalk in die geval misluk het nie,” het Modise in ʼn verklaring gesê. Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, sê Bonang Kgakatsi (27), ʼn ma van drie kinders, is die laaste keer lewend gesien saam met haar man. Sy en haar man het glo in hul motor in ʼn argument betrokke geraak waarna Kgakatsi glo uit die motor gespring en weggehardloop het. Die man het glo agter haar aangehardloop en haar nege keer met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek. “Hoeveel meer vroue moet nog brutaal vermoor en kinders wees gelaat word voor daar gehoor gegee word aan ons eis dat oortreders van geslagsgebaseerde geweld nie moet borg kry nie?” het Modise gevra. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Tlhabane-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henko ·

Hierdie is verseker nie die eerste keer wat die regstelsel sy landsburgers faal nie. Waarom borg / parool toestaan aan persone wat verkrag en moord pleeg.

AmY ·

Ons stelsel het lankal die slagogger gefaal. Net die geweldenaar, moordenaar, verkragter en dief het regte in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.