Man op grassnyer van dronkbestuur aangekla

Tony Caulder

Tony Caulder

Tony Caulder (51) van Maine in Amerika is van dronkbestuur aangekla nadat hy glo sy grassnyer gebruik het om bier te gaan koop.

Volgens die polisie wou personeellede by die winkel Caulder nie help nie, omdat hulle vermoed het hy is onder die invloed van alkohol. Beamptes het aan WMTW-TV gesê dat die personeellede Caulder na buite agtervolg het om seker te maak dat hy nie ʼn motor gaan bestuur nie. Hulle het die polisie ontbied toe hy met sy grassnyer weggery het.

Die polisie het hom ʼn kort entjie verder aangekeer en van dronkbestuur aangekla.

Klik hier vir meer inligting en om ‘n video oor die berig te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.