Man op Nuwejaarsdag glo deur skoonfamilie vermoor

Argieffoto

‘n 46-jarige man sal na verwagting in die hof verskyn na sy swaer vermoor is.

“Die 33-jarige slagoffer, van Mandelapark in die Vrystaat, is op Nuwejaarsdag tydens ‘n argument met sy skoonfamilie twee keer in die rug gesteek,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man kon na ‘n nabygeleë kroeg gaan waar hy om hulp gevra het. Hy is na die Mofumahadi Manapo Mopeli-streekshospitaal geneem, maar is met aankoms dood verklaar.

Die man sal binnekort in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae