Man op wittebrood deur haai doodgebyt

ʼn 36-jarige man is tydens sy wittebrood deur ʼn haai doodgebyt op die Franse eiland Reunion.

Die man was glo in die see op ʼn branderplank sowat 50m van die strand toe hy deur die haai aangeval is. Die haai het hom aan sy arm en been gebyt. Lewensredders het die man uit die water gehaal maar kon hom nie bybring nie. Die man se vrou het die aanval aanskou en was in ʼn toestand van skok. Die aanval het aan die weskus van die eiland naby Saint Gilles plaasgevind. Volgens berigte is dit die eerste haaiaanval vanjaar by dié gewilde toeristebestemming. Drie mense is die afgelope twee jaar in haaiaanvalle dood op die eiland.

In Augustus 2011 is ʼn 30-jarige Brit ook tydens sy wittebrood in ʼn haaiaanval dood in die Seychelle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

andre van blommestein ·

Toe ek begin lees wonder ek wat soek die haai op die eiland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.