Man per ongeluk in sel vergeet

Die federale owerheid in Amerika sal hul aanhoudingsfasiliteit ondersoek na ‘n 24-jarige student glo vir vyf dae lank in ‘n aanhoudingsel vergete gebly het.

Die U-T San Diego koerant berig die man en agt ander is glo aangehou na ‘n dwelmklopjag op 21 April waar die polisie op 18 000 ecstasy-tablette, ander dwelms en wapens beslag gelê het. Sewe verdagtes is na die tronk geneem en nog een vrygelaat, maar die student van die Universiteit van Kalifornië is vir een of ander rede agtergelaat, het Amy Roderick, woordvoerder vir die dwelmbeheer agentskap gesê. “Elke verdagte is in afsonderlike kamers ondervra en is dikwels tussen kamers en selle verskuif,” het Roderick aan die koerant gesê. Die student is egter per ongeluk in een van die selle gelaat. Dit is nie duidelik of hy kos en water gehad het nie. Paramedici is verlede Woensdag na die selle ontbied en het die man na die hospitaal geneem waar hy behandel en toe ontslaan is. Roderick sê die man het aan beamptes gesê hy het ‘n wit poeier gebruik wat hy in die sel ontdek het. Die stof is positief as metamfetamien identifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.