Man pleeg glo selfmoord langs besige PTA-hoofweg

ʼn Man het homself na bewering Woensdag in die kop geskiet langs ʼn besige hoofweg in Pretoria.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die man is in die kop geskiet.

Die voorval het omstreeks 12:00 op die R21-snelweg tussen Nelmapiusweg en die Olifantsfonteinafrit plaasgevind.

Kaptein Pinky Tsinyane, ʼn woordvoerder van die Gautengse polisie, het gesê die polisie is besig om die voorval te ondersoek. Hulle ondersoek gerugte dat die man besig was om te bestuur toe die voorval plaasgevind het. ʼn Geregtelike doodsondersoek is aangevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.