Man praat uit tronk ná hy Rustenburgse-polisievrou beroof

ʼn Man het uit die tronk vertel hoe hy ʼn ruk gelede ʼn Rustenburgse-polisievrou, in uniform, beroof het, en dat hy jammer is ná jare in die tronk.

Motheo Ricky Masilo (33) van Tlhabana-Wes, Noordwes, het in 2005 die vrou beroof en is daarna tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het sewe jaar tronkstraf uitgedien en gaan op 1 Februarie vrygelaat word, berig The Sowetan.

Masilo het die gehoor Maandag tydens die afsluitingseremonie van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders toegespreek.

“Die tyd wat ek in die tronk spandeer het, hoewel dit nie lekker was nie, het my in ʼn beter mens verander en ek sien daarna uit om vrygelaat te word,” het hy gesê.

Hy het verwys na die dag wat hy die misdaad gepleeg het en blameer dwelms en alkohol vir sy misdrywe. “Ek het baie alkohol gedrink en dagga gerook. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid vir wat ek gedoen het. Ek blameer nie die dwelms vir my gedrag nie, maar dit het wel ʼn invloed op my denkwyse gehad. Die tyd wat ek in die tronk was, het my lewe verander,” het hy gesê.

Hy het gesê hy het sy hart aan die Here gegee en ook sy matrieksertifikaat voltooi terwyl hy in aanhouding was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.