Man probeer glo bank met bom beroof

Die foto is deur MyForuways op Facebook gelaai.

ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn bank in Randburg met ʼn bom probeer beroof het.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Balan Muthan, sê die 31-jarige man het Maandagmiddag omstreeks 16:00 die Standard Bank by die Northgate-winkelsentrum binnegegaan. Hy het ʼn klein swart sak in sy hand gehad en het ʼn nota aan die teller oorhandig. “Die nota het gesê: ‘Ek het ʼn bom, gee my al jou kontant’.” Die teller het die nota aan die bankbestuurder oorhandig wat die stilalarm geaktiveer het. Die polisie het die man in hegtenis geneem. Muthan sê daar was slegs ʼn paar stukkies papier in die sak en nie ʼn bom nie. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.