Man pronk, toe sterf voetganger

Argieffoto

ʼn Voetganger is dood toe ʼn man van Noordwes sy motor in die rondte laat tol het.

“Die man, met sy silwer Volkswagen Golf, het glo die motor in Mogolodistraat in Ikageng laat tol en het die voetganger getref. Die man wou wegjaag, maar gemeenskapslede het hom agternagesit,” het sersant Philani Nkwalase, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê.

Die bestuurder van die motor was na bewering onder die invloed van alkohol.

Hy het vier ander omstanders omgery in sy poging om weg te kom. Dié vier persone is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die man is later in hegtenis geneem en is van strafbare manslag aangekla.

Hy sal binnekort in die landdroshof in Potchefstroom verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul Joubert ·

Daardie foto wys die verskil tussen ouens wat dit professioneel doen en mense wat dit op straat doen. Die professioneles, selfs al weet hulle dat hulle baie goeie motorbeheervermoë het, doen dit nog steeds met versperrings en ‘n groot afstand tussen hulle en enige toeskouers…

martie ·

Hier in ons dorp moet jy so versigtig wees as daar n troue is want dan ry die BMW en MERKES kruis en dwars oor die paaie hulle vier mos troue.Nou vra ek waar moet n dood gewone padverbruiker ry tot die sypaadjies het pohole in jy kan nie daar loop tensy jy met n 4×4 ry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.