Man raakgery wat vir “gorilla” vlug

‘n Man van San Antonio, Amerika, is Vrydag deur ‘n motor getref toe hy van ‘n man in ‘n gorilla-pak probeer weghardloop het.

Paul Nimnicht (32) het omstreeks 00:30 oor die snelweg gehardloop toe die motor hom getref het. ‘n Werknemer van ‘n nabygeleë Hooters-restaurant het gesê iemand met ‘n gorilla-pak aan het die man gejaag.

Die man in die gorilla-pak is later as ‘n werknemer van Coco Bongo, ‘n nagklub met ‘n tropiese tema, identifiseer. Dié werknemer het glo gesê die man wou selfmoord pleeg, en hy wou hom keer. Twee voertuie het vir Nimnicht uitgeswaai, maar hy is uiteindelik deur ‘n wit Infiniti getref. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem en is tans in ‘n stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.