Man rand glo metrobeampte aan oor taxibestuurder

Lede van die Johannesburgse metropolisie. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Man is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte aangerand het in Midrand, Gauteng.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, ʼn woordvoerder van die metropolisie, sê die 41-jarige man het sy Toyota Corolla van die pad af getrek nadat hy gesien het hoe ʼn metropolisiebeampte ʼn taxibestuurder beboet. Die man het aan die metropolisiebeampte gevra hoekom hy die taxibestuurder beboet. Die beampte het aan hom geantwoord dat hy net sy werk doen aangesien die taxibestuurder nie ʼn permit het nie. “Hy het die metrobeampte gevloek en hom op sy bors geslaan. Die twee het op die grond begin stoei en ʼn ander beampte het tot haar kollega se redding gekom.” Minnaar sê die man is in hegtenis geneem en na die Midrand-polisiestasie geneem. Hy sal binnekort in die Randburg landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding. Die metrobeampte het nek- en borsbeserings opgedoen en is in die Milpark-hospitaal opgeneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.