Man reeds vir 12 jaar vermis

Missing Children SA het ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir Dirk Booysen (nou 29 jaar oud), wat vermis geraak het toe hy 17 jaar oud was.

Booysen is vir die laaste keer op 10 Maart 2000 omstreeks 15:30 gesien toe hy sy motorfiets, ʼn silwer Peugeot, by Lindsay Saker in Heidelbergweg, Alberton laat herstel het. Daar was ʼn No Fear-plakker op sy motorfiets. Hy het ʼn veelkleurige hemp, bruin denim en wit tekkies aangehad.

Lesers met inligting kan die Alberton-polisie by 011-861-6800 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marinda Kirstein ·

Hi Phillip

Dankie vir die artikel. ‘n Mens weet nooit of iemand dit lees en iets onthou en ons kan uit vind waar Dirk is nie. Ek is Dirk se tannie. Ek wil net graan aan jou uit wys dat Dirk nie met ‘n motofiet gery het nie, maar wel met ‘n gewone fiets. Het jy dalk enige reaksie gehad op die artikel?

Groete

Marinda

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.